Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, DIRCO, het die Chargé d’Affaires van die Israeliese Ambassade, Ariel Seidman, tot persona non grata te verklaar.
DIRCO voer aan dat Seidman hom skuldig gemaak het aan skendings van diplomatieke norme en praktyke wat ’n direkte uitdaging vir Suid-Afrika se soewereiniteit inhou. Seidman het glo herhaaldelike aanvalle op president Cyril Ramaphosa op sosiale media geloods.
Volgens die departement het Seidman se optrede die Weense Konvensie verbreek, en die vertroue en protokolle wat noodsaaklik vir bilaterale betrekkinge is sistematies ondermyn.
Seidman het 72 uur om die land te verlaat. Die regering eis dat Israel voortaan internasionale protokolle en die waardigheid van die Republiek moet respekteer.