14 November 2024
Die Gautengse departement van gesondheid sê hospitale is voorbereid op waterbeperkings wat regoor Johannesburg verwag word.
Dít in aanloop tot die waterdruk wat van vanaand 21:00 tot môreoggend 04:00 verminder sal word om water te bespaar.
Die watervermindering – ‘n maatreël om Gauteng se reservoirs te help herstel en onwettige wateraansluitings te pak – is vandeesweek deur die minister van water en sanitasie, Pemmy Majodina, aangekondig.
Die Gautengse Gesondheidsdepartement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê fasiliteite is gereed en dat die nodige voorsorgmaatreëls getref is.