As vulstasie-eienaar weet jy jou kliënte soek meer as net ’n vol tenk petrol/diesel – hulle soek waarde, betroubaarheid en brandstof wat hul motors se brandstofverbruik verbeter, en die enjins beter en gladder laat verloop. DSL Fuels se hoëgehalte brandstof – ULP95, ULP93 petrol, D50 en D10 diesel – is presies dit. Dis nie net goed vir enjins nie – dis goed vir jou besigheid ook.
Wat Maak DSL Brandstof Beter?
Laat ons dit eenvoudig stel:
- ULP95 & ULP93 Petrol: Laat enjins gladder loop, verbeter ontbranding en verleng die leeftyd van die enjin.
- D50 & D10 Diesel: Skoner verbranding, meer krag, en minder slytasie op enjinkomponente.
Swak kwaliteit brandstof laat die enjin harder werk. Dit beteken meer onderhoud, hoër herstelkoste, en slegter brandstofverbruik. Brandstof met ’n laer of onstabiele vlampunt kan voortydige ontbranding veroorsaak, wat slytasie verhoog en die enjin ondoeltreffend laat werk. Swak en onvoldoende ontbranding beteken ook dat die brandstof nie volledig verbrand nie, wat lei tot meer verbruik.Indien swak brandstof teen hoër temperature verbrand, veroorsaak dit skade in jou enjin. Met DSL Fuels kry jou kliënt meer kilometer per liter, minder meganiese probleme, en groter waarde vir hul geld.
Beter Brandstof = Minder Verbruik
Kom ons kyk na ’n eenvoudige voorbeeld:
Jou kliënt gebruik goedkoper brandstof en kry slegs 10 km per liter.
Hy/Sy besluit om oor te skakel na DSL ULP95, en kry nou 12 km per liter.
Dis 2 km meer per liter – ’n verbetering van 20%.
As sy 2000 km per maand ry:
- Met swak brandstof: 2000 ÷ 10 = 200 liter
- Met DSL ULP95: 2000 ÷ 12 = 166,67 liter
Besparing per maand is dus 33,33 liter.
Teen R24 per liter, beteken dit ’n besparing van ongeveer R800 per maand – net deur oor te skakel na beter brandstof.
Waarom Dit Vir Jou Belangrik Is
Jou kliënte wil geld spaar én hul voertuie beskerm. Wanneer jy DSL Fuels se petrol en diesel op jou perseel verkoop, bied jy besparing, kwaliteit en vertroue aan jou kliënt.
Kies DSL Fuels – Jou Betroubare Brandstofvennoot
Ons is meer as net ’n verskaffer – ons is ’n vennoot in jou groei. Met konsekwente en betroubare aflewering van hoëgehalte ULP95, ULP93, D50 & D10 in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Wes & Vrystaat, is DSL Fuels net die plek.
DSL Fuels – Ons weet wat ons doen.
Kontak ons vandag:
📞 081 755 1623
📞 083 555 8322
☎️ 012 942 9302
🌐 www.dslfuels.co.za