Luister nou

Groot gemors by Gautengse vullisterreine, onthul AfriForum-dokkie

Deur Pretoria FM Nuusspan

AfriForum meen dat vullisterreine en hul kapasiteit besig is om ’n grootskaalse krisis te word.

Die burgerregteorganisasie het sy dokumentêr Gauteng’s landfill time bomb in Pretoria bekendgestel.

Die organisasie neem die afgelope dekade jaarliks – deur middel van sy munisipale vullisterreinoudits – waar hoe swak munisipale vullisterreine presteer.

Afvalbestuur en veral gebrekkige vullisterreinkapasiteit in Gauteng is nie ’n onderwerp wat daagliks openbare aandag geniet nie. AfriForum se raadgewer vir omgewingsake, Marais de Vaal, sê dat basiese maatreëls vir verantwoordelike afvalbestuur dikwels nie nagekom word nie, terwyl aanspreeklikheid ontbreek.

Die organisasie het gesprekke met munisipaliteite, privaat rolspelers en kundiges in die afvalbedryf gevoer en het bevind dat die 13 aktiewe munisipale vullisterreine in Gauteng se drie metro’s vinnig besig is om die einde van hul beskikbare kapasiteit te bereik.

Hierdie terreine verwerk die afval van nagenoeg 13 miljoen inwoners, sonder dat daar voldoende, werkbare alternatiewe in plek is.

Volgens De Vaal was dit reeds verlede jaar bekend dat die Johannesburg-, Tshwane- en Ekurhuleni-metro’s onderskeidelik binne ongeveer 16, 78 en 60 maande hul maksimum kapasiteit sou bereik indien daar nie betekenisvolle ingrypings plaasvind nie.

AfriForum het ook sy formele kommentaar op die konsep van die Nasionale Afvalbestuurstrategie (NWMS) vir 2026 ingedien. Die organisasie waarsku dat die doelwit om binne vyf jaar 40% van afval na vullisterreine weg te lei, slegs bereikbaar is as munisipale strukturele beperkings dringend getakel word.

AfriForum se kommentaar beklemtoon:

  • ⁠ ⁠Strukturele tekortkominge: Herwinningsdoelwitte ontbreek die nodige raamwerk vir uitvoering;
  • ⁠ ⁠Munisipale struikelblokke: Beleidsdoelwitte strook nie met munisipale vermoëns nie;
  • ⁠ ⁠Swak beheer: Daar is ’n behoefte aan doeltreffender monitering, wetstoepassing en aanspreeklikheid;
  • ⁠ ⁠Ekonomiese leemtes: Te min aansporings om privaatsektordeelname aan te moedig.

Die dokumentêre film kan hier gekyk word:

Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou