Topverkopers vir die week.
10 Enigma – Rudie Van Rensburg
9 Daardie lewe Karel Schoeman – Ria Winters
8 Wat die witbors wou sê – Elmarie Dercksen
7 Klawer – Rocco de Villiers
6 Historiese almanak – Albe Grobbelaar
5 Sterre is vir altyd – Sophia Kapp
4 Bethulie – Rensche van der Walt
3 Grensloos – Wilna Adriaanse
2 Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert
1 ’n Ierse knoop – Elsa Winckler
Dierestories vir slaaptyd: Soete drome saam met die Groot Vyf – De Wet Hugo & Kelly Brown. R195, Human & Rousseau

https://graffitibooks.co.za/products/9780798185912
Sê goeienag saam met Ollie die Olifant, Lara die Luiperd, Bertie die Buffel, Rienie die Renoster en Louis die Leeu in hierdie pragtige versameling slaaptydstories.
Elke verhaal neem klein hartjies op ’n gerusstellende avontuur saam met die Groot Vyf deur die Afrikabosveld, met temas soos gehoorsaamheid, hoe om vrese te oorkom, vriendelikheid en moed.
’n Heerlike voorleesboek wat ouers en kinders aand ná aand saam kan geniet.
Goeie Genade, Grootseun! Kronieke van ’n Dominee – Barend Vos. R250, Protea

https://graffitibooks.co.za/products/9781485316305
Die jongste bundel rubrieke in Barend Vos se reeks oor die lewe van ’n predikant en sy gesin in ’n plattelandse gemeente. Deur die oë van “Grootseun” – die Jongdominee wat briewe aan sy ouers skryf – word lesers ingenooi in ’n wêreld van kerkbasaars, kleurryke karakters en alledaagse uitdagings wat met deernis en fyn humor uitgebeeld word in stories soos “Al die kinkels in ’n kerkbasaar”, “Tannie Sjjjt word verstaan”, “Brûe bou is nie vir sissies nie” en “Hooglied word laaggevat”.
Goeie genade, Grootseun! is die opvolg op Vos se gewilde bundel Liefdegroete, Grootseun, wat in 2018 verskyn het. Dié sketse het oorspronklik in die tydskrif LiG verskyn. In Goeie genade, Grootseun! word 31 van die beste en mees vermaaklike stories opgeneem in een toeganklike bundel, en die oorspronklike illustrasies van wyle Fred Mouton word ook ingesluit.
My skaduwee loop los – Zirk van den Berg. R300, Queillerie

https://graffitibooks.co.za/products/9780795803376
“Dis so onthutsend as om agter te kom dat die skaduwee wat nog altyd aan my voete gekluister was, hom losgeruk het en nou elders dwaal, op vrye voet.”
Op sy ma se begrafnis in die Kaap maak André Verreyne die verbysterende ontdekking dat hy ’n identiese tweelingbroer het van wie hy in die wieg geskei is. Hy het net enkele dae om sy broer te probeer opspoor voordat hy moet terugvlieg Nieu-Seeland toe vir sy dogter se troue.
Dit lei tot ’n speurtog wat hom na uiteenlopende mense op sy broer se lewenspad neem — elkeen met ’n verrassende storie om te vertel. Gou begin ’n prentjie vorm van iemand wat heel anders is as André self, al word hy tydens sy soektog voortdurend vir sy broer aangesien. Hoe meer hy oor sy broer uitvind, hoe meer begin hy sy eie lewenskeuses bevraagteken.My skaduwee loop los is ’n meesleurende, veelvlakkige verhaal oor die soeke na wat werklik die waardevolste lewe is, en die antwoord op die tergende vraag: Wat as?
Al hierdie boeke, asook ander nuwe vrystellings en topverkopers, is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 10% afslag.
SPESIALE AANBOD VIR NUUSWEEK-LESERS: Ontvang ’n ekstra 10%-afslag op hierdie drie boeke! Gebruik die kodewoord PTAFM wanneer jy jou bestelling plaas om vir die addisionele afslag te kwalifiseer.
Aanbod slegs geldig tot volgende Donderdag.
KOMPETISIE
Beantwoord die volgende vraag:
Wie het My skaduwee loop los geskryf?
Whatsapp jou antwoord saam met jou VOLLEDIGE adres na 072 386 5997. Inskrywings sluit Maandag 27 Julie 2026
Die wenner sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.
Die pryswenner se boeke sal deur Graffiti versend word en alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]
Verlede week se wenner was Magda Fouche van Springs.