Luister nou

Drie polisiebeamptes binnekort in hof oor drank-aankope met gesteelde bankkaart

Deur Pretoria FM Nuusspan

31 Januarie 2024

Drie polisiebeamptes van Verkykerskop in die Vrystaat, wat glo drank met ’n bankkaart gekoop het wat by ’n tellermasjien agtergelaat is, sal na verwagting Maandag om borgtog aansoek doen.

Konstabel Tumelo Mokone, sersant Lucky Kubheka en sersant Tieho Tieho, verbonde aan die eenheid vir sigbare polisiëring in Verkykerskop, is gisteroggend deur die Valke op verskeie aanklagte van diefstal en korrupsie aangekeer.

Volgens die polisievoordvoerder, kaptein Loraine Earle, het die beamptes dieselfde dag in die landdroshof in Harrismith verskyn, waar die saak uitgestel is.

Earle sê die voorval het in Desember 2023 gebeur toe ’n klaer sy bankkaart in ’n OTM in Harrismith vergeet het. Een van die beamptes het die kaart gevat en saam met twee kollegas drank by drie drankwinkels gekoop het.

Volgens Earle het die beamptes die klaer genader en probeer om hom met R1 000 om te koop om die saak te laat vaar. Die klaer het geweier en het die voorval aangemeld.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Suliman Carrim

Suliman Carrim uit op borgtog

Fotokrediet: Polity

Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering

Fotokrediet: WUNC

Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd

SANW-soldate

Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Ander Nuus Artikels

Nhlanhla Mkhwanazi
Mkhwanazi binnekort nuwe hoof van die Valke
Fotokrediet: The North Africa Post
Solidariteit voer samesprekings met die Withuis oor Agoa
Israel verkiesing - Alhurra
Israel se verkiesing eindig in dooiepunt
Suliman Carrim
Suliman Carrim uit op borgtog
Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering

Luister nou