8 November 2024
Daar is nuwe kommer oor die onwettige verkoop van geskeduleerde medikasie by verskeie plekke in Gauteng.
Die departement van gesondheid het mense oor dié tendens gewaarsku, nadat daar onlangs na ‘n klopjag beslag gelê is op medikasie wat op die rakke van winkels was sonder dat hulle die nodige lisensies gehad het.
Volgens wet word slegs gelisensieerde apteke en geregistreerde gesondheidsorg-professionele persone toegelaat om medisyne in die land te verskaf.
Die departement van gesondheid se woordvoerder in Gauteng, Motalatale Modiba sê medikasie kan degradeer en toksies raak.