Luister nou

DA-dispuut word ondersoek

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

Die DA se federale regskommissie sê hy ondersoek die openbare dispuut tussen die party se leier, John Steenhuisen en die federale finansiële voorsitter, dr. Dion George.

Dít volg ná berigte oor Steenhuisen se kredietkaartuitgawes en ‘n onderonsie tussen die lede.

Die DA se nasionale woordvoerder, Karabo Kaukau, het aan die media gesê die regskommissie sal die kwessie ondersoek wat in die media die rondte doen.

Die kommissie het ook beveel dat die aangeleentheid nie verder in die openbaar bespreek sal word, terwyl ondersoeke aan die gang is nie.

Die politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit, prof. André Duvenhage, sê daar blyk reeds aanduidings van magsvorming en magsgroeperinge in die DA te wees.

Hy sê daar word ’n sterk beroep op die party gedoen om nie na buite te praat nie, aangesien dit die party se beeld ernstig kan benadeel.

Prof. Duvenhage meen die DA is bekend as ’n party met baie hoë integriteit, streng dissipline, konsekwentheid en die sistematiese en eenvormige toepassing daarvan en daarom is die probleme in die party nie met dié in die ANC vergelykbaar nie.

Hy meen indien die party nie die konflik op ’n konsekwente wyse hanteer nie, kan dit die party verswak.

Die DA hou in April aanstaande jaar sy leierskapskonferensie en volgens prof. Duvenhage sal dit bepalend wees van watter leierskapskuiwe en verandering in die party kan plaasvind.

Fotokrediet: Phill Magakoe/Getty Images

Gewilde Nuus

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy

OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Ander Nuus Artikels

Polisiebeamptes
SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek
Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Luister nou