Luister nou

D-dag vir onwettige immigrante

Deur Redaksie

Oor enkele dae, op 30 Junie, sal March and March, ’n organisasie wat mense teen ongedokumenteerde immigrante in Suid-Afrika mobiliseer, ’n landswye protesaksie lei. March and March eis dat alle ongedokumenteerde buitelanders die land teen 30 Junie moet verlaat. Hulle eis verder dat die regering dringend optree teen ongedokumenteerde buitelanders. Die optrede sluit in ’n moratorium op alle nuwe vlugtelingaansoeke en die deportasie van ongedokumenteerde immigrante.

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het die afgelope week gesê dat meer as 9 000 buitelanders vanuit Durban gerepatrieer is. In ’n plasing op X sê die minister dat sy departement steeds voortgaan om, in samewerking met ander departemente, ’n ordelike repatriasieproses te verseker. Buiten vir Malawiese burgers is busse vol Zimbabwiese burgers vanaf die Lindela-aanhoudingsentrum ook gerepatrieer.

Terwyl sommige hul verligting uitgespreek het om terug te keer huis toe, bly onwettige grensbewegings langs die Limpopo-rivier voortduur, met mense wat steeds die rivier met vlotte oorsteek om goedere en persone oor die grens te vervoer.

Owerhede sê ondanks verskerpte grensbeheer en militêre ontplooiings, bly die gebied baie moeilik om doeltreffend te beveilig.

In aanloop tot die protesaksies op 30 Junie het die Suid-Afrikaanse Polisiediens die private sekuriteitsbedryf om ondersteuning genader. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, is in gesprek met verskeie rolspelers in die sekuriteitsbedryf en maatskappye soos Bidvest Protea Coin, Fidelity Services Group en G4S word volgens berigte ook betrek.

Die staat het nagenoeg R600 miljoen opsy gesit vir sekuriteitsmaatreëls en die weermag ook op ’n gereedheidsgrondslag geplaas. Cachalia sê vreedsame betogings word toegelaat, maar geweld, intimidasie en skade aan eiendom sal nie geduld word nie.

Intussen het die adjunk- nasionale polisiekommissaris verantwoordelik vir polisiëring, Tebello Mosikili, die publiek gewaarsku om nie gevaarlike of tradisionele wapens tydens dié optogte te dra nie.

Dit sluit enige wapens soos spiese, sambokke en luggewere in.

March and March het teen saktyd nie op Nuusweek se navrae reageer nie.

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek –https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/06/NUUSWEEK-Uitgawe-72-26-Jun-02-Jul-2026.pdf

 

Gewilde Nuus

Petrolpomp brandstof

Regering maan teen brandstof-paniekaankope

Bemarkingsoproepe

Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Fotokrediet: EWN

Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Ander Nuus Artikels

Matrieks
Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord
Fotokrediet: Remitly
SA se finansiële vertroue bly stabiel
Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Luister nou