Luister nou

Checkers afleweringsakke “skop stof in die oë” van Versace, Louis Vuitton en Givenchy

Deur Pretoria FM Nuusspan

Net wanneer jy dink dat jy alles gesien het, wys twee jong mense jou hoe gewone bruin afleweringsakke van Checkers Sixty 60 in hoogmode verander kan word.

Deelnemers aan die die Hoër Landbouskool Boland se onlangse Meneer en Mejuffrou Boland-kompetisie is gevra om modestukke uit herwinbare material te maak.

Daar was kreatiewe uitrustings gemaak van hondekossakke, plastieksakke en koerantpapier.

Dit is egter die 17-jarige matriekleerling, Beate van Wyk en haar kêrel, Jacques Brand wie se Checkers-uitrustings die kollig gesteel het.

Jacques se ma, Hesmari van Deventer het honderde sakke van die winkelgroep se Sixty 60-afleweringsdiens gebruik gemaak om ‘n aandrok vir Beate te maak, kompleet met korset, en frilletjies van Checkers-plastieksakke.

Vir haar seun het sy ‘n volledige pak klere gemaak met deftige afwerkings. Dit het haar slegs vier dae geneem. Beate en Jacques is tydens die kompetisie aangewys as Meneer en Mejuffrou kreatief.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou