23 Januarie 2025
Die polisie het bevestig dat nóg ‘n verdagte vroeër vanaand in hegtenis geneem is in verband met miljoene foto’s en video’s van kinderpornografie wat in ‘n woonstel in Midrand gevind is.

Die 25-jarige meisie se 35-jarige kêrel is verlede week by sy woonstel in hegtenis geneem weens onder andere die besit van kinderpornografie en dwelms.
Die polisie het onder meer beslag gelê op sowat 10-miljoen foto’s en videos van kinderpornografie.
Die polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Amanda van Wyk sê die meisie is ‘n webblad-ontwerper en staar aanklagte van die besit van kinderpornografie, en geldwassery in.
Die vrou sal na verwagting Maandagoggend, 27 Januarie in die Randburg-landdroshof verskyn.