Luister nou

Bekroonde skrywer oorlede

Deur Pretoria FM Nuusspan

24 Maart 2022

Die bekroonde skrywer van verskeie Afrikaanse jeugboeke, Derick van der Walt, is vanoggend in die ouderdom van 63 oorlede.

Hy is in Julie 1958 in Virginia in die Vrystaat gebore, maar het in Johannesburg grootgeword. Die gesin het aan die begin van sy hoërskooljare Pretoria toe getrek waar hy matriek aan die Afrikaanse Hoër Seunskool voltooi het.

Van der Walt het ‘n honneursgraad in kommunikasiekunde en ‘n meestersgraad in kreatiewe skryfkuns aan Tukkies voltooi.

Volgens NB-Uitgewers het hy sowat twee weke gelede geval en kopbeserings opgedoen.

Van sy bekendste boeke is Lien se Lankstaanskoene (2008), waarvoor hy ‘n Sanlam- en MER-prys ontvang het. Dié boek is ook in ‘n rolprent verwerk. In 2010 skryf hy Willem Poprok waarvoor hy ook ‘n Sanlam- en MER-prys, sowel as die Scheepersprys vir Jeuglektuur ontvang het.

Sy eerste boek vir volwasse lesers, Daan Dreyer se blou geranium, het in 2012 verskyn.

Van der Walt se laaste boek, Toring van Jasmyn het in 2019 vir hom ‘n Sanlam prys vir jeugliteratuur besorg.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ad hoc - IOL

Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Fotokrediet: Groundup

SASSA funksioneer met net 44%

Padlangs

Nie almal is swemmertjies nie!

Tempo

Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?

Ander Nuus Artikels

plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere
Lynnwood padwerke - The Citizen
Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande
Guptas
Gupta-broers steeds gesoek
Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images
Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie
Ad hoc - IOL
Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Luister nou