Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Audi sluit vier van sy handelaars in Suid-Afrika

Die Duitse motorvervaardiger, Audi gaan minstens vier van sy handelaars in Suid-Afrika sluit.

Dit kom kort nadat Volvo aangekondig het dat hy 60% van sy handelaars in die land gaan sluit. Audi sê hy moes aanpas by veranderende markte, en die uitdagings wat ondervind word.

Volgens die motorvervaardiger plaas hoë inflasie, stygende rentekoerse, en ‘n swak wisselkoers druk op die luukse motorbedryf. Audi meen Suid-Afrikaners is genoop om goedkoper motors te koop.

Audi sê verder in ‘n verklaring dat die motorbedryf in Suid-Afrika beter deur die regering ondersteun moet word.

Die motorvervaardiger sê Suid-Afrika se stadige vordering om elektriese motors in te voer, maak dit moeilik vir Audi om kop bo water te hou vanweë die vervaardiger se belange in die elektriese motorbedryf.

Die handelaars wat sy deure gaan sluit is in Durban, eMalahleni, die Oos-Rand van Johannesburg en Pietermaritzburg.

Foto: Briefly News

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

WhatsApp Image 2025-05-15 at 10.12.02_917487ab

Ramaphosa sal volgende week die VSA besoek

unie

Nuuskommentaar: Toenemende ekonomiese kommer en onmin in RNE – ’n gevaarlike kombinasie

KLEUTERZONE2

Kleuterzone finaal gelikwideer

Ander Nuus Artikels

Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”
FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)
Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water
Untitled design (5)
Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate
Gq-hV1-WIAAgdFh
Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende