Luister nou

Adam Tas en sy Betty Lue herenig

Deur Pretoria FM Nuusspan

James Kemp

Die sanger Adam Tas was die afgelope week oorstelp van dankbaarheid nadat hy met sy geliefde Betty Lue van Helsdingen verenig is. Tas het die Gibson- akoestiese kitaar in 2019 in Nashville aangeskaf terwyl hy daar was vir die verfilming van ’n episode van Byt en Buskruit.

Op 23 Augustus was Betty Lue op die agtersitplek van Tas se bakkie toe die voertuig gesteel is. Die verlies van Betty Lue het hom die swaarste getref, maar saam met die bakkie is Tas se skootrekenaar, binne-oormonitors en ’n mikrofoon ook gesteel. Die eerste keer wat die opsporingsagentskap ’n sein van die gesteelde voertuig opgetel het, was in Mosambiek.

Vir maande het hy geglo dat sy geliefde kitaar nooit weer gesien gaan word nie, tot hy op ’n dag ’n boodskap van ’n kitaarentoesias ontvang het dat sy in ’n pandjieswinkel opgemerk is.

Tas was in Hartbeespoort onderweg na Rustenburg vir ’n optrede en het net daar omgedraai. Op pad na die pandjieswinkel het hy sy vriend Mark Eybers van die Buffelsfonteingroep geskakel en gevra om solank na die winkel te gaan en te verseker dat dit kitaar nie die perseel verlaat nie.

Tas is nou in die proses om die nodige dokumentasie te voltooi sodat die Suid-Afrikaanse Polisiediens die kitaar aan hom kan terugbesorg.

Die pandjieswinkel het ook die identiteitsbesonderhede van die persoon wat die kitaar verpand het en dié behoort dus ook spoedig met die gereg te doen te kry.

Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou