ActionSA het vanoggend aangekondig dat dié party kragte met die Azanian Independent Community Movement en die Creatives Congress Movement saamsmelt om gemeenskappe in die Noordwes-provinsie beter te kan bedien. Dié werk sal onder die vaandel van die Green Umbrella Project geskied.
ActionSA het ván 91 openbare verteenwoordigers regoor die land tot 150 gegroei, wat deur die party as ’n mylpaal beskryf word. Volgens Mashaba is dié eenheid noodsaaklik om korrupsie en swak dienslewering die hoof te bied.
Mashaba sê hierdie groei, wat deur plaaslike samewerking ondersteun word, die pad na geloofwaardige politieke verandering en effektiewe plaaslike regering is.
Fotokrediet: ActionSA