Minstens 30 kinders is vanoggend beseer toe ’n skoolbus in Magoebaskloof, Limpopo, op die R71-pad in ‘n ongeluk betrokke was.
Die bus, van die Limpopo-departement van onderwys, het 39 passasiers vervoer – almal van ’n skool vir leerders met spesiale behoeftes.
Die beseerdes is na hospitale in en om Tzaneen geneem.
Nooddienste is steeds op die toneel en die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.