Luister nou

117 gevalle van hand, voet en mondsiekte in KZN aangemeld

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid sê hy het verskeie leersentrums in Durban besoek en ten minste 117 gevalle van hand, voet en mondsiekte is by laerskole en dagsorgsentrums in die Phoenix-, Greenwood Park- en Umhlanga-gebiede aangemeld.

Die eerste ses gevalle is tussen 6 en 10 Februarie aangemeld.

Die hoeveelheid voorvalle het dramaties gestyg, maar gesondheidsorg-beamptes sê daar is nog nie rede tot kommer nie.

Volgens die betrokke departement het byna elke geraakte kind verkoue-simptome getoon, en blase op hulle hande gehad wat geswel was.

Ouers word aangemoedig om alle oppervlaktes deeglik skoon te maak en om te keer dat kinders onder meer speelgoed en skryfbehoeftes deel.

Algemene simptome van hand, voet en mondsiekte sluit in koor, ‘n seer keel, moegheid, geen eetlus, en seerplekke en blase binne die mond, aan die kant van die tong, op handpalms en voetsoele.

 

Foto: HealthXchange

One Response

  1. Hulle het fit nie by die huis opgetel nie, so ek sou eerder sê die skool personeel moet hulle skool skoner maak. Ridiculousy funny dat die ouers altyd geblameer word vir skole se incompatance.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

Ander Nuus Artikels

Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan
Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Luister nou