Luister nou

Wat van die kaderkaping, Cyril?

Deur Pretoria FM Nuusspan

Nuuskommentaar: 24 Oktober 2022

Deur: James Kemp

“Min mense sou kon raai tot watter dieptes die land getrek sou word weens gierigheid, selfsugtigheid en magsmisbruik.

Min mense sou kon raai dat onder die leierskap van ons openbare instellings, van binne ons sakekringe, vanuit ons openbare ampsdraers en amptenare `n netwerk met `n kriminele agenda na vore tree.

Min mense sou kon raai dat die groep mense sleuteldepartemente van die regering, staatsbeheerde ondernemings, privaat maatskappye, wetstoepassingsagentskappe en veiligheidsdienste sou infiltreer om openbare fondse in groot bedrae te plunder en staatsinstellings te verswak en te vernietig en sodoende die regering se uitvoerende vermoë verminder.”

Met hierdie inleidende woorde het president Cyril Ramaphosa bevestig in watter mate van ontkenning hulle geleef het in die era van staatskaping. Nie in ontkenning oor die feit dat staatskaping plaasvind nie maar in ontkenning oor die ingeligtheid van die publiek. Daar was talle nuusberigte en parlementêre vrae wat navraag gedoen het oor verdagte aanstellings en vreemde staatskontrakte wat dit duidelik uitgewys het dat die media en opposisiepartye nie onbewus was van die ongerymdhede wat op die hoogste vlak plaasvind nie.

Die president en sy ANC-kaders was egter in `n staat van ontkenning oor die hoeveelheid inligting wat buite die ANC-bende se kring beskikbaar was.

Sondagaand het Ramaphosa aangekondig watter aanbevelings van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping in werking gestel sal word. Dit sluit in dat ministers en lede van staatsbeheerde ondernemings se rade verbied sal word om direk by verkrygingsprosesse betrokke te wees. Raadslede en uitvoerende amptenare van staatsbeheerde organisasies sal ook nie meer goedsmoeds verwyder en aangestel word nie.

Leefstyl-oudits van die president, adjunkpresident, ministers en adjunkministers sal deur ’n onafhanklike entiteit gedoen word.

Die kommissie se aanbevelings oor die kiesstelsel sal eers breedvoerig in die parlement bespreek moet word omdat dit sal vereis dat wette en die Grondwet verander. Die kommissie het onder meer gevra dat die kiesers van die land die president regstreeks verkies.

Daar was verskillende reaksies op Ramaphosa se aankondiging met die oorgrote meerderheid wat duidelik vertroue in die regerende party verloor het en nie meer opgewonde raak as daar beloftes oor die uitroei van kriminele aktiwiteite in die regering gemaak word nie. Niemand hou meer asem op dat die tronkdeure eersdaags agter staatskapers sal toeklap nie.

Ons het geleer om nie te veel te verwag nie. Ook nie van die ridder Ramaphosa wat vyf jaar gelede op sy wit perd aangery gekom het om die land en sy mense te red nie.

Ons moet onthou dat die “ridder op die wit perd” ook in die saal was as adjunkpresident van die ANC en die land toe staatskaping hoogty gevier het. Nog belangriker was hy voorsitter van die kaderontplooiingskomitee wat verseker het dat die regte mense, of dan die regte lojaliste, in strategiese posisies beland het.

Iets wat Ramaphosa gerieflikheidshalwe verswyg het is dat die Zondo-kommissie bevind het dat staatskaping gefasiliteer is deur die aanstelling van beinvloedbare individue in sleutelposisies by staatsinstellings.

As Ramaphosa werklik ernstig was daaroor om staatskaping uit te roei sou hy die onderneming uitgespreek het dat kaderontplooiing iets van die verlede is en dat die ANC hom daartoe verbind om die beste persoon en nie die lojaalste kader in `n posisie te plaas nie.

Hy het egter nie want op die einde van die dag is Cyril self steeds `n ANC-kader wat hom beywer om aan die einde van die jaar weer in die top posisie van sy party verkies te word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou