Die omstrede sakeman van Noordwes, Suliman Carrim is in die landdroshof in Pretoria op R100 000 borgtog vrygelaat.
Carrim word van minagting van die hof aangekla omdat hy nie voor die Madlanga-kommissie verskyn het nie.
Hy is onlangs op die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem toe hy na Saoedi-Arabië onderweg was.
Carrim is intussen óók in die landdroshof in Musina in Limpopo van poging tot diefstal van motorvoertuie aangekla wat glo na Malawi gesmokkel sou word.
Hy sal in aanhouding bly omdat hy Vrydag weer in die landdroshof in Musina moet verskyn.