Luister nou

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Deur Marelize Maré

Die waterbehandelingsaanleg by die Rietvleidam in Tshwane-metro is reeds ’n jaar buite werking weens riool- en nywerheidsbesoedeling in die Rietvleirivier.

Die aanleg het voorheen sowat 5% van die Tshwane-metro se water voorsien en sal na verwagting eers in Maart of April volgende jaar weer werk.

Die Departement van Water en Sanitasie het strafregtelike klagte teen die Ekurhuleni-metro en sy watermaatskappy ingedien oor besoedelde afvalwater wat steeds in die rivier gestort word.

Die waterkenner dr. Anthony Turton het tydens ‘n onderhoud met die nuusdiens, Groundup, gewaarsku dat die land se rioolkrisis ’n ernstige bedreiging vir watersekerheid en die nasionale ekonomie inhou.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Marshall Security
Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Luister nou