Luister nou

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Deur Marelize Maré

Suid-Afrikaners het verlede jaar nagenoeg R2,4 miljard weens digitale bankbedrog verloor.

Die Suid-Afrikaanse Bank-risiko-inligtingsentrum sê meer as 110 000 voorvalle is aangemeld, met verliese wat met 29,2% gestyg het in vergelyking met 2024.

Banktoepassings was by sowat 89% van die aangemelde gevalle betrokke.

Misdaadbendes maak dikwels mense deur middel van bedrogoproepe en vals boodskappe bang of plaas hulle onder druk om geld oor te plaas.

Die publiek word gemaan om nooit PIN’s, wagwoorde of eenmalige wagwoorde te deel nie, en om verdagte versoeke deur amptelike bankkanale te verifieer.

Gewilde Nuus

Boer tot bord

Wat is sukses?

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou