Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap funksioneer tans met slegs 44% van die vereiste personeel by sy 275 plaaslike kantore.
Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Dina Pule sê daar is 4 499 gevulde poste uit ’n goedgekeurde 10 328 poste, wat beteken 5 829 poste is vakant.
Dit dra by tot lang wagtye. Die gemiddelde wagtyd by SASSA-kantore was in die eerste kwartaal van die 2026/27-boekjaar ‘n 161 minute, teenoor ’n teiken van 90 minute.
KwaZulu-Natal het die langste gemiddelde wagtyd van ‘n 180 minute aangeteken, terwyl die Noord-Kaap die kortste op ‘n 125 minute gehad het.
SASSA beplan om tussen September en November 261 vakante poste te vul.