U huis, ander eiendom en selfs die kapitaal wat u oor jare opgebou het, is van die grootste bates wat u ooit sal besit. Tog is dit opvallend hoe min aandag dikwels aan die beskerming van hierdie bates gegee word.
Wanneer dit by batebeskermingsversekering kom, fokus baie mense eerste op die premie. Die goedkoopste kwotasie word vergelyk en aanvaar, maar die vraag of die bate werklik voldoende verseker is, kry soms tweede plek.
Die probleem is dat die goedkoopste premie nie noodwendig die beste beskerming beteken nie. Wanneer ’n kliënt self besluit wat die vervangingswaarde van ’n huis of ander eiendom is, sonder professionele advies, kan die bate maklik onderverseker wees. Die laer premie kan aanvanklik baie billik lyk, maar wanneer ’n eis later ingedien word, kan dit beteken dat die uitbetaling nie genoeg is om die werklike verlies te dek nie. In werklikheid dra die kliënt dan self ’n gedeelte van die risiko.
Dit is juis waarom behoorlike advies belangrik is. ’n Raadgewer behoort die kliënt se situasie en die bate in konteks te beoordeel en saam met die kliënt te bepaal wat werklik gedek behoort te word. Dit is selfs beter as die raadgewer die kliënt se woning besoek, sodat die nodige inligting eerstehands beoordeel kan word.
Waar advies behoorlik gegee én aanvaar is, is daar ’n duidelike adviesproses en rekord van hoe die besluit geneem is. Sonder advies kan dit later baie moeiliker wees om te bewys dat ’n bepaalde vlak van dekking voldoende was.
Dit is belangrik, want baie eiendomme is steeds onderverseker.
Wanneer laas het iemand wat u batebeskermingsversekering hanteer het, u huis besoek om seker te maak u dekking is steeds voldoende?
Tempo Finansiële Dienste bied graag die geleentheid om u batebeskerming te hersien en met die nodige advies seker te maak dat u behoorlik beskerm word.
Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/09/NUUSWEEK-Uitgawe-85-25-Sept-2026.pdf