Minstens nege mense is dood en 46 beseer nadat Rusland oornag ‘n grootskaalse missiel- en hommeltuigaanval op die Oekraïense hoofstad, Kiëf, uitgevoer het. Verskeie woonstelgeboue is beskadig of vernietig, terwyl reddingspanne steeds na oorlewendes onder die puin soek. Die aanval volg slegs enkele dae ná vanjaar se dodelikste Russiese aanval