Luister nou

Polisie se langsdienende vlieënier vereer

Deur Walter Ernst

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het vandeesweek afskeid geneem van hul langsdienende vlieënier, luitenant-kolonel Jacobus Gideon “Div” de Villiers, wat ná 46 jaar se getroue diens aftree.

De Villiers het sy loopbaan in 1980 as konstabel begin en later gekwalifiseer as helikopter- en vastevlerkvlieënier.

Met 16 900 vliegure agter sy naam, het hy kritieke steun verleen tydens misdaadbestryding, reddingspogings en gevaarlike operasies.

Hy is onder meer in 2009 vir dapperheid tydens ’n gewapende transitoroof vereer.

Div (regs) by ’n helikopteruitstalling

De Villiers het oor die jare by die polisie se lugvleuel by Wonderboom-lughawe, met talle helikopters en vliegtuie gevlieg wat deur die SAPD gebruik is, insluitend die Pilatus PC-6 Porter, Pilatus PC-12, King Air C90, Cessna Sovereign-straalvliegtuig, MD500 D en die AS350 Squirrel, gevlieg.

De Villiers het ook talle loopbaanhoogtepunte, maar een wat veral uitstaan, was toe hy die geleentheid gehad het om lugvaart-opleiding in die Verenigde State van Amerika te ondergaan het, waarna hy ’n Cessna Citation Sovereign-straler teruggevlieg.

Div langs die Cessna Citation Sovereign-straler

“Aan diegene wat ek agterlaat – onthou, elke opstyging het ’n doel. Of julle nou verdagtes agtervolg, na vermiste persone soek of beamptes op die grond ondersteun; as vlieëniers maak julle werk ’n verskil. Dit is ’n absolute eer gewees om die SAPD-kenteken te dra en my land met trots te dien,” het De Villiers gesê.

Die waarnemende nasionale kommissaris, luitenant-generaal Puleng Dimpane, het De Villiers as ’n lojale beskermer geloof wat ’n blywende nalatenskap vir die land se veiligheid agterlaat.

“Jou jare in die lugruim was meer as net vlugsendings. Jy was ’n betroubare beskermer wat talle polisiëringsoperasies, soek-en-reddingsoperasie, misdaadvoorkomingsinisiatiewe en noodoptredes ondersteun het. Jou professionaliteit, dissipline en onwrikbare toewyding aan jou plig het ’n blywende bydrae tot die veiligheid en sekuriteit van ons land gelewer,” het Dimpane gesê.

 

 

Gewilde Nuus

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: The Citizen
OVK gaankandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Luister nou