Die VF Plus het die dubbele moord op ’n bejaarde egpaar op ’n plaas in Glen Loerie, naby Plettenbergbaai, veroordeel.
Die party sê die aanval beklemtoon die kwesbaarheid van landelike gemeenskappe en die dringende behoefte aan sterker en sigbare polisiëring.
Die VF Plus het die ook die vinnige inhegtenisneming van ’n verdagte verwelkom, maar het ’n dringende beroep op die polisie gedoen om hulpbronne en kapasiteit in landelike gebiede te versterk.
Die party het ook sy meegevoel met die familie en gemeenskap uitgespreek.