Die minister van korrektiewe dienste, dr. Pieter Groenewald, het die vrylating van die Griekwastad-moordenaar tydelik gestaak.
Hoewel die paroolraad in Upington in Desember verlede jaar besluit het om die 29-jarige in Maart op parool vry te laat, het Groenewald dié besluit vir dringende hersiening verwys.
Die oortreder is in 2014 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moorde op sy pa, Deon Steenkamp, sy ma Christel en suster Marthella, asook vir die verkragting van Marthella. Volgens woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, Singabakho Nxumalo, die besluit oor parool kragtens die Wet op Korrektiewe Dienste opgeskort is.
Die hersieningsraad sal die saak na die paroolhersieningsraad vir heroorweging verwys.
Fotokrediet: Netwerk24