Luister nou

ActionSA versterk sy verteenwoordiging

Deur Pretoria FM Nuusspan

ActionSA het vanoggend aangekondig dat dié party kragte met die Azanian Independent Community Movement en die Creatives Congress Movement saamsmelt om gemeenskappe in die Noordwes-provinsie beter te kan bedien. Dié werk sal onder die vaandel van die Green Umbrella Project geskied.

ActionSA het ván 91 openbare verteenwoordigers regoor die land tot 150 gegroei, wat deur die party as ’n mylpaal beskryf word. Volgens Mashaba is dié eenheid noodsaaklik om korrupsie en swak dienslewering die hoof te bied. 

Mashaba sê hierdie groei, wat deur plaaslike samewerking ondersteun word, die pad na geloofwaardige politieke verandering en effektiewe plaaslike regering is.

Fotokrediet: ActionSA

Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Ander Nuus Artikels

Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking
Fotokrediet: Marshall Security
Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Luister nou