Luister nou

VERSKEIE PROTESOPTOGTE IN PRETORIA

Deur Pretoria FM Nuusspan

18 Julie 2025

’n Optog word vandag deur Defend South Africa in Pretoria gehou vir die onmiddellike bedanking van president Cyril Ramaphosa.

Die Optoggangers kom 10-uur in Marabastad byeen en sal na die Uniegebou stap.

Minstens 12 strate sal onbegaanbaar vir motoriste wees. Dit sluit Struben-, Sophie de Bruyn-, Madiba-, Bosman-, Paul Kruger-, Thabo Sehume-, Lillian Ngoyi-, Sisulu-, Du Toit-, Steve Biko- en Hamiltonstraat sowel as Nelson Mandela-rylaan in.

Motoriste word deur die gemeenskapsveiligheiddepartement van die Tshwane-metro gevra om die volgende alternatiewe strate te gebruik:

Visagie-, Nana Sita-, Stanza Bopape-, Pretorius- en Eskia Mphahele-straat.

Die metro sal skarebeheer toepas totdat die groet om half-drie die middag uit mekaar beweeg.

Die Inwooners-burgerlike beweging beplan intussen ook vir vandag ’n protesaksie saam met tien ander groepe by die Uniegebou ter ondersteuning van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi.

Dié beweging se leier, David Ratladi, sê hulle is van die standpunt dat president Cyril Ramaphosa die polisieminister, Senzo Mchunu, nes die DA se adjunkminister, Andrew Whitfield, moes afdank.

Die MK-party het aangedui dat hulle ook vanoggend ’n protesaksie by die Uniegebou hou waartydens Ramaphosa se bedanking geëis sal word en steun gewys sal word vir generaal Mkhwanazi.

Die polisie sê hulle sal nie enige wetteloosheid of enige vorm van misdadigheid by die protesaksies duld nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Brandstof

Godongwana kondig verligting by die pompe aan

Fotokrediet: Vecteezy

Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy

OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: BusinessTech
eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban
ekonomie - Pretoria FM
Tesourie en Reserwebank se konsepreguleringsraamwerk word gepubliseer
Polisiebeamptes
SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek
Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting

Luister nou