‘n Voormalige vroedvrou en verpleegster, Yolande Maritz-Fouchee, het vandag in die hooggeregshof in Pretoria skuld ontken op 14 aanklagtes teen haar.
Maritz-Fouchee word aangekla van bedrog, aanranding op vier moeders en hul babas, en dat sy ’n ongekwalifiseerde persoon aangestel het om haar tydens geboortes by te staan.
’n Klag van strafbare manslag is ook by die finale akte van beskuldiging gevoeg.
Maritz-Fouchee was destyds ’n gekwalifiseerde vroedvrou wat by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging geregistreer was. Sy het egter tydens die beweerde misdrywe babas gestrem gelaat of die baba’s is oorlede.
Die saak duur voort.
FOTO: Carte Blanche
One Response
Sy ontken skuld? Sy’s sonder enige berou! Gewetenloos!