Luister nou

Van Wiskunde tot werk

Deur Pretoria FM Nuusspan

Deur: Johnell Prinsloo

Ek lees verlede week dat Wiskunde as vak by 464 openbare skole in Suid-Afrika ontbreek. Dit is natuurlik net by hoërskole en vanaf gr 10 wanneer leerders vakkeuses kan uitoefen. Verder moet ons natuurlik ook verstaan dat dit nie beteken dat ander wiskundige vakke soos Wiskunde Geletterdheid, nie by die betrokke skool aangebied word nie.

Bogenoemde moet die aanvanklike skok egter nie absorbeer nie.

Terwyl baie van ons met koue rillings terug dink aan die Wiskundeklas of daardie oomblikke net voor die eksamenpunte uitgelees is en ons steeds graag grappies maak oor parralellogramseisoen wat ons verdiepte meetkundige kennis die moeite werd maak, bly die belangrikheid van Wiskunde vir die ontwikkeling van die brein en die beroepsdeure wat dit vir die toekoms kan oopmaak onbetwisbaar.

Hierdeur ontken ek nie die waarde van ‘n vak soos Wiskunde Geletterdheid nie, ek is egter net oortuig daarvan dat heelwat leerders se vermoë om Wiskunde te verstaan, geniet en daarin te kan presteer negatief deur ‘n hele aantal faktore beïnvloed word en dat dit absoluut tot hul nadeel is.

‘n Aantal skole, soos ons weet, doen ongelooflik baie moeite met hul leerders. Vaslegging van klanke voor daar gelees en geskryf word asook die vaslegging van begrippe en konsepte voor somme gemaak word, word geprioritiseer. Tog kan ons, ten spyte hiervan, nie die impak vir ‘n oorvol kurrikulum, beperkte kontaktyd en druk buitemuurse programme onderskat nie. En dit is net in die skole waar daar genoegsame hulpbronne en gekwalifiseerde en toegewyde onderwysers is. Wanneer ons bogenoemde egter in skole sonder hulpbronne, oorvol klaskamers en afwesige onderwysers gaan waarneem, sal ons sien dat die akademie (en ek wil byvoeg, die dissipline) aan die agterspeen suig.

Volgens my is dit waar onderwys Suid-Afrika se heel grootse probleem lê (saam met al die ander “heel grootste probleme” wat die stelsel ondervind); die grondslag ontbreek. Daar is te min tyd vir vaslegging en die resultate spreek vanself wanneer wiskundige vermoëns of bv. lees met begrip in latere grade getoets word.

Om ‘n afgewaterde blootstelling aan Wiskunde te gee, maak skade. Dit verhoed dat meeste kinders wat wel die potensiaal het, Wiskunde sal kan bemeester en gevolglik lewer sulke laerskole klasse vol leerders wat dié vak doodeenvoudig net nie verstaan nie. Baie vrees dit ook tot so ‘n mate dat die angs hulle lam lê. En dan … dan gaan hierdie leerders hoërskool toe en teen gr 10 is Wiskunde iets van die verlede, saam met die vermoë om oplossingsgedrewe te wees, uitdagings analities en objektief te benader, want dit is die gedeelte van die brein wat Wiskunde ontwikkel, en deursettingsvermoë te kon aanleer. So word ‘n aantal kinders van die vermoë om te kon presteer in hierdie vak, te kon gaan studeer het en dalk bv. ‘n dokter te kon word, ontneem.

Dit is van kardinale belang dat die ingryping moet plaasvind, maar om vir die staat te wag, is beslis nie die antwoord nie. Slegs betrokke ouers en skoolgemeenskappe wat hul verantwoordelikhede t.o.v. die opvoeding van hul kinders ernstig opneem sal  werklik ‘n verskil kan maak en ‘n toekoms vir hul kinders kan bou.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Ander Nuus Artikels

Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking
Fotokrediet: Marshall Security
Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Luister nou