Luister nou

Kagiso Rabada weer vry om te speel na skorsing

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Proteas se snelbouler, Kagiso Rabada, mag weer vir die nasionale span speel nadat hy tydelik geskors is weens die gebruik van dwelms vir ontspanningsdoeleindes.

Dit beteken dat Rabada beskikbaar sal wees wanneer Suid-Afrika Australië die stryd aan sê in die finaal van die wêreld-toetskampioenskap wat in Junie by Lord’s krieketstadion in Londen plaasvind.

Rabada is op 21 Januarie vir dwelms getoets na ‘n wedstryd tussen MI Cape Town en Durban se Super Giants in die SA20’s kriekettoernooi. Hy is op 1 April ingelig dat hy positief getoets het en is vir ‘n maand geskors.

Die positiewe toets het daartoe gelei dat Rabada die grootste deel van verlede maand se Indiese Premierliga (IPL) misgeloop het.

Hy mag ook nou weer diens toe vir die Gujarat Titans in die res van die IPL. Rabada het twee verpligte sessies van ‘n rehabilitasie-program voltooi.

 

Foto: SkySports

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou