Luister nou

Studie: Tieners toon al hoe meer ‘n afhanklikheid van damptoestelle

Deur Pretoria FM Nuusspan

Openbare gesondheidsorgnavorsers doen ‘n beroep op die regering om die wetsontwerp op die beheer van tabakprodukte en elektroniese afleweringstelsels (vapes) dringend in werking te stel.

Navorsing wat deur die Universiteit van Kaapstad onderneem is toon dat nagenoeg 60% van die tieners wat in dié steekproef genader is, ‘n hoë afhanklikheid van damptoestelle getoon het.

25 000 leerlinge van 52 betalende hoërskole in die land is by dié studie betrek.

Van die bevindinge wat gemaak is, is dat 17% van die 25 000 deelnemers aan die studie van damptoestelle gebruik maak. 38,3% van dié 17% gebruik dit op ‘n daaglikse basis. Meer as 50% gebruik meer as vier dae per week ‘n damptoestel.

Die studie het verder gekyk na tekens van verslawing. 47% van tiener-damprokers gebruik die toestel binne ‘n uur vandat hulle wakker geword het, terwyl 11,8% sê hulle kan nie deur ‘n skooldag kom sonder om te damprook nie. 24,9% het erken dat hulle angstig of kwaad voel as hulle vir ‘n ruk nié die toestel kan gebruik nie.

‘n Navorser by die Universiteit van Kaapstad se skool vir ekonomie, Samantha Filby,sê die implementering van die wetsontwerp kan help om die aantal gebruikers van damp-toestelle onder tieners te beperk.

Lees die volledige verslag hier: 2025_04_11_Vaping

Foto’s: Queensland Health 

2 Responses

  1. As jy nie wil hoor nie, moet jy maar voel. Praat help nie. Ek het gepraat toe word ek n f@?#$ ouvrou wat afkraak en wil “conrtol”. Dus, moet nie by my kom tjank nie. Gin simpatie van my kant.

  2. Die jeug beard nie dat ons net hulle belange en gesondheid Wil beskerm. Ongelukkig is hulle alwetend en hulle Gaan net aan.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

V (1)

Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital

V

Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte
Fotokrediet: Solidariteit netwerk
Wêreldonderwysersdag word vandag gevier
Boer tot bord
Wanneer ’n boer vermoor word ….
Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital

Luister nou