Suid-Afrika bestee die afgelope vyftien jaar tussen 5,5% en 6,16% van sy BBP aan onderwys, dus 25% tot 40% meer as die wêreldgemiddeld van 4,4%.
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) sê ondanks die voorgestelde begroting van meer as R500-miljard word die openbare skole steeds gekenmerk deur personeeltekorte, laat of nie-betaalde toewysings, vervalle infrastruktuur en onvoldoende akademiese ondersteuning.
Die hoof van ontwikkeling by die SOS, Melanie Buys sê meer as R19,1-miljard is opsy gesit om sowat 11 000 onderwysers in poste te behou, tog is posvoorsiening in al nege provinsies onder druk.
Buys sê in KwaZulu-Natal is R19,1-miljard is opsy gesit om sowat 11 000 onderwysers in poste te behou, tog is posvoorsiening in al nege provinsies onder druk. In KwaZulu-Natal is meer as 8 600 poste vakant en meer as 4 200 reeds gesny.
“Gauteng het poste eers vier maande ná die begin van die skooljaar gevul, en in die Vrystaat is pensioen- en mediese bydraes van onderwysers se salarisse afgetrek, maar nie oorgeplaas nie. In die Noord-Kaap het skole sedert September 2024 nie eers die minimum toewysings vir onderrig- en leermateriaal ontvang nie,” sê Buys.