Luister nou

Polisievakbond bekommerd oor beamptes wat hulle eie lewens neem

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die polisievakbond, POPCRU sê polisiebeamptes se gesondheid- en emosionele welstand is ‘n rede tot kommer.

 

Luidens statistiek het nagenoeg 300 polisiebeamptes in die afgelope sewe jaar hulle eie lewens geneem. POPCRU het met sommige polisiebeamptes vergader om aandag aan die probleem te skenk.

 

Volgens POPCRU voer beamptes aan dat hulle oorwerk is, en dat hulle nie genoeg ondersteuning kry nie. Van hierdie polisielede ly ook aan post-traumatiese stress.

 

Die polisievakbond se woordvoerder,  Richard Mamabolo sê die polisie se ondersteuningsdienste het baie probleme. Hy meen die dienste is weens sy ligging nie vir almal bekombaar nie. Daar is glo ook ‘n probleem met pasiënt-sielkundige vertroulikheid.

 

Die polisie se waarnemende adjunk nasionale kommissaris vir die ondersteuningsdienste, luitenant-generaal Lineo Nkhuoa sê daar is ‘n tekort aan gesondheidswerknemers wat die hele ondersteuningseenheid kan oorsien. Volgens hom is daar egter genoeg ondersteuning vir polisiebeamptes wat voel dat hulle met iemand wil praat oor werkspanning.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Polity

Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering

Fotokrediet: WUNC

Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd

SANW-soldate

Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Malaria - Regency Healthcare

Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: The North Africa Post
Solidariteit voer samesprekings met die Withuis oor Agoa
Israel verkiesing - Alhurra
Israel se verkiesing eindig in dooiepunt
Suliman Carrim
Suliman Carrim uit op borgtog
Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering
Fotokrediet: WUNC
Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd

Luister nou