Luister nou

“NGV verskyn op reklameborde, terwyl dokters in die Oos-Kaap werkloos is”

Deur Pretoria FM Nuusspan

10 Januarie 2025

Solidariteit sê die regering se beoogde implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) kan nié ‘n werklikheid word nie.

Een van die reklameborde.

‘n Ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, Theuns du Buisson sê die “viering van die onrealistiese NGV soos deesdae op reklameborde langs snelweë te sien is, dra by tot die die onreg teenoor belastingbetalers.”

Du Buisson meen hy kan nie sien hoe die departement van gesondheid die kostes van die advertensies kan regverdig nie.  Hy sê indien die departement van gesondheidheid bereid was om die werklikheid rakende die NGV vierkant in die oë te kyk, sou hy die NGV-bemarking lankal beëindig het.

Volgens Du Buisson adverteer die departement die NGV terwyl honderde dokters in die Oos-Kaap werkloos is.

Du Buisson sê ramings van verskeie belangegroepe dui daarop dat die NGV ‘n verwoestende finansiële las op Suid-Afrika se ekonomie sal wees. “Waar gaan die staat die fondse vir die geraamde koste wat tussen R660 miljard en R1 300 miljard gaan beloop, vandaan kry? Dit is die jongste skattings van wat dit sal kos.”

Hy sê volgens hierdie skattings sal gemiddelde persoonlike inkomstebelasting met R37 000 per jaar per moet toeneem, wat nie net verregaande is nie, maar onmoontlik.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou