Luister nou

NVG bereik ooreenkoms vir beter toegang tot Zondo-kommissie se databasis

Deur Pretoria FM Nuusspan

20 Desember 2024

Die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling en die Nasionale Vervolgingsgesag het ‘n ooreenkoms bereik.

Dié ooreenkoms sal verbeterde toegang tot die Zondo-kommissie oor staatskaping se databasis verseker.

Dít nadat die hoof van die NVG, advokaat Shamila Batohi, voorheen gesê het dat dit moeilik was om vordering met staatskapingsake te maak, omdat hulle nie volle toegang tot die databasis het nie.

Sy het aan die Parlementêre komitee oor justisie gesê dit het die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie verhinder om sy werk te doen.

Die departement van justisie het dit destyds toegeskryf aan ‘n tegniese fout wat verband hou met databasiswaarborge. 

‘n Tegniese werkgroep sal nou gestig word om die dringende sake onmiddellik te hanteer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Polity

Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering

Fotokrediet: WUNC

Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd

SANW-soldate

Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Malaria - Regency Healthcare

Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: The North Africa Post
Solidariteit voer samesprekings met die Withuis oor Agoa
Israel verkiesing - Alhurra
Israel se verkiesing eindig in dooiepunt
Suliman Carrim
Suliman Carrim uit op borgtog
Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering
Fotokrediet: WUNC
Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd

Luister nou