Luister nou

Pretoria FM-nuusskrywer kry toekenning in radiodramaskryfkompetisie

Deur Pretoria FM Nuusspan

10 Desember 2024

Pretoria FM-nuusskrywer en aanbieder, Jaco Versfeld se skryftalent stop nie by nuusberigte en liefdesverhale nie, maar kan hy ook nou ‘n radiodrama tot die lys uit sy pen voeg.

RSG het pas die wenners van sy 28ste Radiodramaskryfkompetisie – aangebied in samewerking met die – ATKV, aangekondig.

RSG se senior vervaardiger van drama en opvoedkunde, Estel de Beer, sê omdat die kompetisie so straf was, het die radiostasie besluit om vanjaar twee merietepryswenners aan te wys, waarvan een Versfeld.

Jaco se radiodrama, Twee Grafgrawers en ‘n Melkhout het ‘n merieteprys ontvang, en sal volgende jaar op RSG uitgesaai word.

“Die beoordelaars het almal aangedui dat die inskrywings vanjaar van ’n uitsonderlike hoë standaard was. Die wenners het duidelik uitgestaan, en daarom het ons besluit om vanjaar ’n addisionele merieteprys toe te ken. Ons sien uit daarna om hierdie ongelooflike verhale met ons luisteraars te deel,” sê de Beer.

Jaco het toesprake vir die Gautengse Provinsiale Wetgewer geskryf, twee romanzas, Sinkplaatpad na Liefde en Noodvlug vir haar Hart gepubliseer, en was ’n finalis in die RSG-ATKV Radiodramakompetisie van 2023.

Sy derde romanza, Noodvlug vir Rusty word in Februarie uitgegee.

Hier is die ander wenners van die kompetisie:

Eerste plek: Konneksie deur Marion Erskine
Tweede plek: Leniesgif deur Hendie Grobbelaar
Derde plek: Lyne Wat Kruis deur Wilmi Wheeler
Jong skrywer: Die Versamelde Dagboeke van Ene Professor Weideman deur Shawn Day

Foto: Bronwyn Keyter

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ad hoc - IOL

Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Fotokrediet: Groundup

SASSA funksioneer met net 44%

Padlangs

Nie almal is swemmertjies nie!

Tempo

Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?

Ander Nuus Artikels

plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere
Lynnwood padwerke - The Citizen
Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande
Guptas
Gupta-broers steeds gesoek
Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images
Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie
Ad hoc - IOL
Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Luister nou