Luister nou

Op publieke aanvraag: Nataniël se veelbekroonde Mass for the Good Princes word volledig op Pretoria FM uitgesaai   

Deur Pretoria FM Nuusspan

3 Desember 2024

Nataniël se veelbekroonde produksie, Mass for the Good Princes, wat slegs op CD uitgereik word en eksklusief op WNDK (Wat’s Nuut? Dis Klassiek!) vrygestel is het ongekende positiewe reaksie onder die publiek gekry. Die onderhoud en Mis is in twee onderskeie onderhoude op WNDK, ’n program gelei deur Esté Gross, wat op Sondae om 13:05 uitgesaai word bekend gestel.

Pretoria FM het besluit om op openbare aanvraag die onderhoud en Mis in sy geheel weer uit te saai op Woensdag 4 Desember om 20:00 die aand. 

Die produksie het onlangs ’n driekuns met Aardklop-eerbewyse behaal. Dit is aangewys as beste musiekgedrewe produksie, beste algehele aanbieding en as mees grensverskuiwende werk.

Die werk, Mass for the Good Princes word slegs uitgereik op CD en sal net te koop by Nataniël se uitvoerings wees. Dit gaan nie op digitale musiekplatforms beskikbaar wees nie.   

MASS FOR THE GOOD PRINCES is gekomponeer, vervaardig en uitgevoer deur Nataniël saam met die Akustika-kamerkoor o.l.v. Christo Burger. Die ensemble bestaan verder uit Ockie Vermeulen (orrel), Charl du Plessis (klawerbord/ klavier), Juan Oosthuizen (kitaar), Werner Spies (baskitaar), Peter Auret (tromme en perkussie) en Wiehan Francke, tenoor in Kyrie.

Die Mis is gegrond op die klassieke struktuur van ’n gewyde komposisie en bestaan uit ses bewegings. Nataniël beskryf dit as ’n gebed vir goedheid, nuwe leierskap en die hoop van ’n nuwe generasie. Die Mis word in Latyns en Engels gesing met vertellings en beskrywings in Afrikaans.

Esté Gross praat deurtastend met Nataniël oor al ses bewegings waaruit die Mis bestaan, die Kyrie, Sanctus en Benedictus, Gloria, Agnus Dei en Credo.

Volgens Nataniël is dit onwaarskynlik dat dit weer uitgevoer sal word. Hy beskou dit as sy grootste en belangrikste werk nóg. 

WNDK word elke Sondag tussen 13:05 en 14:00 op Pretoria FM uitgesaai. Die heruitsending is Sondae om 23:00. Die program sal nie beskikbaar wees as podsending nie. Skakel in op 104.2 FM, DStv-kanaal 887, laai die Pretoria FM-toepassing af of stroom op www.pretoriafm.co.za.

WNDK (Wat’s Nuut? Dis Klassiek!) is ’n program oor klassieke en klassieke crossover-musiek en is verlede jaar as finalis in die kategorie: Beste Naweekprogram by die Telkom-radiotoekennings aangewys. Die konsepvervaardiger, regisseur en aanbieder van die program is Esté Gross.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ad hoc - IOL

Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Fotokrediet: Groundup

SASSA funksioneer met net 44%

Padlangs

Nie almal is swemmertjies nie!

Tempo

Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?

Ander Nuus Artikels

plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere
Lynnwood padwerke - The Citizen
Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande
Guptas
Gupta-broers steeds gesoek
Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images
Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie
Ad hoc - IOL
Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Luister nou