Luister nou

Tito Mboweni – Nie bang om die regte dinge te sê nie en tree in die bresse vir Afrikaners en Afrikaans

Deur Pretoria FM Nuusspan

Nuuskommentaar: 15 Oktober 2024

Deur: Jan Bosman

Daar is reeds talle huldeblyke oor mnr Tito Mboweni voormalige minister en president van die Reserwebank gedoen. Alhoewel die Afrikanerbond nie deur ons strukture gereelde kontak met mnr Mboweni gehad het nie, het ons wel ʼn indruk van hom gehad oor iemand wat opstaan vir die dinge wat reg is en het hy dit soms gedoen midde in omstrede kwessies en was hy nie bang vir die gevolglike kritiek nie

In Oktober 2006 en midde in die ANC se dryf van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging sê Tito Mboweni, toe President van die Reserwebank, by ʼn Investement Solutions ontbyt byeenkoms:

“Ek het probeer om baie bekwame swart mense te werf, en skaars het ons hulle opgelei, dan verlaat hulle ons. Ek raak so ontsteld! Ek gaan ophou om swart mense te werf. Ek is tevrede met my Afrikaners. Hulle bly en doen die werk.” (Uit Engels vertaal)

Die opskrif van die berig in die Independent Groep het gelui: I’ll stick with my Afrikaners –  en was die reaksie van mnr Mboweni op ‘n vraag van toe besigheidsman, mnr Cyril Ramaphosa. Mnr Ramaphosa wou weet watter kwessies pla by die Reserwebank.    In dieselfde berig word mnr Moeletsi Mbeki, ʼn sakeman en politieke ontleder onthaal wat in reaksie sê: “ Tito Mboweni en die Reserwebank is ‘n slagoffer van SEB (Swart Ekonomiese Bemagtiging).”  Dit is ook wat met regstellende aksie gebeur. : “Dit skep ‘n kunsmatige skaarsheid, sodat die klein hoeveelheid mense wat gekwalifiseer is in daardie skaars vaardigheid ‘n massiewe salarisvoordeel kan beding.”  Natuurlik het die ANC en Cosatu baie krities gereageer.  Hierdie dilemma is reeds in 2006 uitgelig en het oor die jare daarna ʼn groter en dringende probleem geraak.

Vroeër vanjaar is mnr. Moeletsi Mbeki weer aangehaal  waar hy gesê het dat SEB en regstellende aksie, die hoofdrywers van korrupsie in Suid-Afrika was en ‘n onreg aan die ekonomie gedoen het.

Oor die toenemende afskaling en uitfasering van Afrikaans by voormalige Afrikaanse universiteite was hy ook uitgesproke: Toe die Universiteit van Pretoria  in 2019 besluit dat Engels die primêre taal van onderrig sou word skryf mnr Tito Mboweni op 24 Januarie 2019 soos volg op X (voorheen Twitter)  “Ek voeg my stem in die openbaar, en in my persoonlike hoedanigheid, DAT EK NIE SAAMSTEM met die uitfasering van Afrikaans as een van die onderrigmediums by die Universiteit van Pretoria nie. As ‘n land skiet julle julleself in die voet. Julle gaan dit oor 30 jaar berou.” (Uit Engels vertaal)

Onmiddellik daarna was daar by ʼn 4100 kommentare op die boodskap, die meeste negatief. Dit sluit Julius Malema in wat van die eerstes was om te reageer.

Tito Mboweni, voormalige Minister van Finansies in Suid-Afrika, was bekend vir sy standvastige leierskap in uitdagende ekonomiese tye. Hoewel hy nie spesifiek as ‘n kampvegter vir Afrikaans of Afrikaners bekend gestaan het nie, het hy met die bovermelde optrede en opmerkings bevestig dat ekonomiese groei en inklusiwiteit vir alle Suid-Afrikaners noodsaaklik is, ongeag hul agtergrond. Ons kan daaruit aflei dat Mboweni geglo het in die belang van die beskerming van minderhede binne ‘n sterk demokratiese raamwerk. Hy het daarom nie geskroom om ‘n stem vir geregtigheid te wees nie. Vanuit die ANC en binne die regering was mnr Tito Mboweni nie bang om standpunt in te neem nie. Daarvoor moet hy geëer word. Ons opregte simpatie en meegevoel met die familie, vriende en kollegas van mnr Mboweni.

Foto: SABC Elections

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou