Luister nou

Suid-Afrikaners tree in die bresse vir die melktert

Deur Pretoria FM Nuusspan

18 November 2024

Suid-Afrikaanse gebruikers van die sosiale media-platform, TikTok, het in die bresse getree vir die geliefde, eg Suid-Afrikaanse melktert nadat die Amerikaanse kok, Martha Stewart dié resep op haar TikTok-platform gedeel, én herdoop het.

Stewart deel op dié platform verskillende resepte, en demonstreer ook stap vir stap hoe sy dit maak.

In die beskrywing van dié video, beskryf sy die tert as The official state pie of Indiana, en vra in haar opleiding: “wat nou beter as ‘n sny Desperation Pie kan wees?” Sy verduidelik dat sy dit ‘n sogenaamde Desperation Pie noem omdat vrugte nie in die vroeër jare volop gebruik is in terte nie omdat dit duur was.

Sy meen daar was egter genoeg melk, omdat daar baie beeste was.

Suid-Afrikaanse sosiale media-gebruikers het begin om kommentaar te lewer nadat ‘n video van die TikTok-gebruiker, Thabo Baloyi wyd versprei is waarin hy die Amerikaners daarvan “beskuldig dat hulle die melktert-resep gesteel het.”

Hier is haar video:

@marthastewartliving

The official state pie of Indiana, sugar cream is a regional specialty. It has a rich vanilla custard filling inside a buttery pastry crust. Get the recipe at the link in our bio. #marthastewart #pie #recipe #dessert

♬ original sound – Martha Stewart

Stewart deel dan die resep op haar webtuiste. Hoewel die twee terte byna identies is in die bestanddele en metode is daar wel een groot, en belangrike verskil: Stewart se weergawe het géén kaneel nie.

Suid-Afrikaners het in egter Suid-Afrikaanse styl kommentaar gelewer op Stewart se video. Crystal Greeff-Katsini skryf: “I feel disrespected, all that is missing is a sprinkle of cinnamon on top. That’s milk tart tsek.”

Cidcinnabuns skryf: “South Africans Unite Here to defend the honour of our Milk Tart.” Nog iemand sê: “Miss Martha, here in South Africa this is called Milk tart and there’s nothing desperate about it.”

“Aunt, it starts with a version of our milk tart, tomorrow it is our malva pudding, melkkos, biltong, bunnychow, boerewors, chilibites, putupap, braaibroodjie, paptert, etc.”

Die video wat als begin het:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou