Luister nou

R600 000 vir ‘n kersboom – nié fopnuus nie

Deur Pretoria FM Nuusspan

5 Desember 2024

Kersfees is om die draai, en die meeste mense se kersbome is al opgemaak.

Máár vir diegene wat nog soek na daardie spesiale boom, is daar vanjaar bome op die aanlyn platform, ImportitAll wat jou meer as R600 000 uit die sak sal jaag.

Die handelsmerk, Yaheetech verkoop ‘n wit, kunsmatige kersboom van 2,7 meter hoog met 900 gekleurde liggies, wat reeds aan die boom vas is, en hy sal jou “net” R690 016 kos.

Die reeks se tweede duurste boom is net effens “goedkoper” teen ‘n prys van R682 479, en staan ook 2,7 meter hoog, maar is groen en het net warm, wit liggies.

Vir iets helfde die prys, kan jy R333 463 betaal vir ‘n boom van 2,2 meter hoog.

Dié boom is vir diegene wat opsoek is na ‘n winter-kersfees, omdat die boom versier is met dennebolle en bessies. Dit het ook warm, wit liggies.

Die “goedkoper” boom in die reeks is 1,3 meter hoog met 150 warm, wit liggies en kos R71 303.

Die aanlyn koopplatform, Amazon, se duurste boom is 1,8 meter hoog en lyk of daar sneeu op is, maar het geen liggies of ander versierings nie. Dit sal jou R12 500 kos.

Amazon se R12 500

Al hierdie bome is in Suid-Afrika beskikbaar, maar as jy gehoop het om dit reeds vir dié jaar se kersfees op te slaan, sal jy dalk teleurgesteld wees, omdat die bome heel waarskynlik nie betyds vir 25 Desember afgelewer sal word nie. Daar is darem weer volgende jaar.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou