Luister nou

Nataniël stel die CD van sy bekroonde werk eksklusief op Pretoria FM bekend

Deur Pretoria FM Nuusspan

7 November 2024

Nataniël stel die komende Sondag, op 10 November die CD van sy bekroonde produksie Mass for the Good Princes eksklusief op WNDK (Wat’s Nuut? Dis Klassiek!) aangebied deur Esté Gross, op Pretoria FM bekend.

Die produksie het onlangs ‘n driekuns met Aardklop-eerbewyse behaal. Dit is aangewys as beste musiekgedrewe produksie, beste algehele aanbieding, en as mees grensverskuiwende werk.

Dit sal die heel eerste keer wees wat die album uitgesaai word. Die werk word slegs uitgereik op CD en sal net te koop by Nataniël se uitvoerings wees. Dit gaan nie op digitale musiek platforms beskikbaar wees nie.   

Mass for the Good Princes is gekomponeer, vervaardig en uitgevoer deur Nataniel saam met die Akustika Kamerkoor o.l.v. Christo Burger. Die ensemble bestaan verder uit  OckieVermeulen (orrel), Charl du Plessis (klawerbord/ klavier), Juan Oosthuizen(kitaar), Werner Spies (baskitaar), Peter Auret(tromme en perkussie) Wiehan Francke tenoor in Kyrie.

Die Mis is gebaseer op die klassieke struktuur van ’n gewyde komposisie en bestaan uit ses bewegings. Nataniël beskryf dit as ’n gebed vir goedheid, nuwe leierskap en die hoop van ‘n nuwe generasie. Die Mis word in Latyns en Engels gesing, met vertellings en beskrywings in Afrikaans.

Weens die eksklusiewe aard van die bekendstelling, sal die onderhoud met Nataniël uit twee uitsendings bestaan. Esté Gross, praat onder meer in diepte met Nataniël oor elke beweging. Hy verduidelik ook meer oor wat die betekenis is van die kostuums wat met elke beweging gepaard gaan. Die kostuums is alles treffend vasgevang in die CD se boekie.

In die eerste uitsending die komende Sondag tussen 13:05-14:00 kan geluister word na die eerste drie bewegings,die Kyrie, Sanctus en Benedictus waarin duidelik gehoor word hoe die klassieke crossover, vermenging tussen jazz, klassie, pop en elektroniese kitaar plaasvind.

Op Sondag 17 November 13:05-14:00 kan luisteraars weer inskakel om verder te luister na die Gloria, Agnus Dei en Credo.

Volgens Nataniel is dit onwaarskynlik dat dit weer uitgevoer sal word. Hy beskou dit as sy grootste en belangrikste werk nog. 

Een gelukkige luisteraar wat tydens eerskomende Sondag se uitsending ingeskakel is, sal ‘n CD van Mass for the Good Princess  kan wen na afloop van die laaste uitsending op 17 November.

WNDK word elke Sondag tussen 13:05-14:00 op PretoriaFM uitgesaai. Die heruitsending is Sondae om 23:00. Die program sal nie beskikbaar wees as podsending nie. Skakel in op 104.2 FM, DStv-kanaal 887, laai die PtaFM toepassing af of luister aanlyn by www.pretoriafm.co.za

WNDK (Wat’s Nuut? Dis Klassiek!) is ‘n program oor klassieke en klassieke crossover musiek en is verlede jaar as finalis in die kategorie Beste Naweek program by die Telkom Radio Awards aangewys. Die konsepvervaardiger, regisseur en aanbieder van die program Esté Gross.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou