Luister nou

Matrieks van 2024 kry hulle uitslae

Deur Pretoria FM Nuusspan

14 Januarie 2025

Honderduisende matrikulante van 2024 het sedert vroeg vanoggend hulle uitslae aanlyn, in e-publikasies en by hulle skole gekry.

Dit kom nadat die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, gisteraand bekend gemaak het dat dié groep die hoogste slaagsyfer in die geskiedenis van die land behaal het, met ‘n slaagsyfer van 87,3%.

Wat die onderskeie provinsies betref het die Vrystaat weer die beste gevaar met ‘n slaagsyfer van 91%.

KwaZulu-Natal was kort op sy hakke met 89,5%, gevolg deur Gauteng met 88,4%.

Die ander provinsies se slaagsyfers was Noordwes – 87,5%, Wes-Kaap – 86,6%, Limpopo – 85,1%, Mpumalanga – 84,9%, Oos-Kaap – 84,98% en die Noord-Kaap – 84,2%.

47,8% het met universiteits-vrystelling geslaag.

LEES OOK: 2024-matriekeindeksamen goedgekeur

Die VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor basiese onderwys, dr Wynand Boshoff, het intussen op die bekendmaking van die uitslae gereageer en sê vir ‘n rekord van 87,3% van kandidate was 2024 ‘n suksesverhaal, terwyl vir die ander 12,7% dit dalk een of twee persent in een of twee vakke was.

Hy het elke suksesvolle matrikulant gelukgewens en meen dat diegene wat dit nie gemaak het nie, nie ‘n rede het om tou op te gooi nie, aangesien daar aanvullende eksamens is.

Dr Boshoff meen veral KwaZulu-Natal kan trots voel oor sy prestasie en dat dit noemenswaardig is dat alle provinsies meer as 84% slaagsyfer behaal het. 

LEES OOK: Pretoria FM Nuusweek: Kry jou matriekuitslae hier

Hy sê egter dat 2024 se matrikulante die laaste groep is wat voor die inwerkingstelling van die Bela-wet matriek skryf en dat die departement van basiese onderwys nou die verantwoordelikheid vir meer as 800 000 kandidate se eksaminering het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy

OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Ander Nuus Artikels

Polisiebeamptes
SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek
Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Luister nou