Luister nou

Luister: “Rig ‘n gedenkmuur vir Robbeneiland se melaatslyers op,” vra kleinseun

Deur Pretoria FM Nuusspan

13 November 2024

Tussen 1846 en 1931 is meer as vyfduisend mense wat aan melaatsheid gely het Robbeneiland toe gestuur waar hulle in kwarantyn aangehou is tot hulle dood.

Sebastian Pistor van Moorreesburg in die Wes-Kaap se grootouers, Martha Jacoba Maria en Johan Hendrik Frederik Pistor is ingevolge lasbriewe as melaatse 604 en melaatse 1717 Robbeneiland toe gestuur.

En Sebastian wil elke melaatslyer wat daar geleef en in ongemerkte grafte begrawe is se nagedagtenis herdenk… en daarom het hy ’n amptelike versoek aan die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, gerig om ’n gedenkmuur vir Robbeneiland se melaatses op te rig.

Anton Meijer het met Pistor gesels.

Foto: ‘n Skildery van Sebastian se grootouers. Kunstenaar: Christo Wolmarans.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou