Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Kuba is steeds laaste oorblyfsel van mislukte kommunisme

Nuuskommentaar: 8 Februarie 2022

Deur: Jaco Kleynhans

Dit is hierdie week presies sestig jaar sedert die Amerikaanse president John F. Kennedy ʼn omvattende handelsverbod teen Kuba ingestel het. Nou, sestig jaar later, is hierdie handelsverbod die langsdurende stel ekonomiese sanksies ter wêreld. Kuba se ekonomie verkeer onder enorme druk nadat die stroom Westerse toeriste tydens die pandemie byna opgedroog het en die land byna geen buitelandse valuta oor het om voedsel mee in te voer nie. Oor die naweek het die kommunistiese diktatuur in Kuba ʼn nuwe 10%-belasting op voedsel ingestel terwyl voedseltekorte in die land tot die ergste vlak nog ooit gestyg het.

Die vloedgolf van mense wat in baie gevaarlike omstandighede sowat 200 km in bootjies oor die see na Florida in die VSA probeer reis, neem ook steeds toe. Verlede Donderdag het die Amerikaanse kuswag weer tien Kubane van ʼn gewisse dood gered. Sowat 10% van die Kubaanse bevolking woon reeds in die VSA, en hulle het die afgelope tyd die geweldige swaarkry en onderdrukking wat hulle families in Kuba beleef, herbevestig.  

Die laaste paar ondersteuners van die kommunistiese leiers in Kuba, insluitende lande soos Venezuela, Iran, Noord-Korea en Suid-Afrika, beweer graag dat al die swaarkry in Kuba aan die Amerikaanse sanksies te wyte is. Die werklikheid is egter dat ʼn uitgediende kommunistiese ideologie en die magshebbers in Kuba wat weier om dié land se ekonomie te hervorm, die skuld moet kry vir die swaarkry.

Die Amerikaanse regering het in 1962 alle handel- en diplomatieke betrekkinge met Kuba beëindig nadat ʼn groep kommuniste tydens ʼn revolusie beheer oor die land geneem het. Miljarde dollars se eiendom wat aan Amerikaanse maatskappye en individue behoort het, is onteien en geen vrye media, opposisiepolitiek of teenspraak teen die Castro-diktatuur is sedertdien toegelaat nie.

Kuba voer deesdae 80% van sy voedsel uit die buiteland in. Die land verdien buitelandse valuta, hoofsaaklik deur toerisme en deur die groot somme geld wat Kubane wat in die buiteland woon, na hulle families stuur. Verder verhuur die Kubaanse regering sy eie dokters en ingenieurs aan ander lande soos Suid-Afrika, en daaruit verdien die Kubaanse regering groot bedrae geld.

Die Suid-Afrikaanse adjunkminister van buitelandse sake, Alvin Botes, se erkenning verlede week dat Suid-Afrika R50 miljoen aan die Kubaanse regering gaan skenk om die huidige voedseltekorte te help verlig, is ʼn bevestiging van die laaste stuiptrekkings van ideologiese solidariteit tussen ʼn handjievol lande wat nog in kommunisme glo.

Ná die ineenstoring van die Sowjetunie het Kuba sy grootste buitelandse vriend verloor. Kuba was vir die Sowjetunie slegs ʼn gerieflike gebruiksitem tydens die Koue Oorlog weens Kuba se geografiese nabyheid aan Amerika. Vandag is Kuba se laaste paar vriende almal verarmde lande met groot ekonomiese probleme, enorme werkloosheid en nog groter buitelandse skuld.

Verlede jaar in Julie het duisende Kubane aan vreedsame betogings teen die onderdrukkende regime deelgeneem. Die betogings is wreed onderdruk en 790 mense word vandag steeds gevange gehou vir hulle deelname aan die betogings.

Suid-Afrika en die ANC-regering se volgehoue vriendskap met Kuba plaas ons land in ʼn slegte lig, maar kom ook teen ʼn duur prys. Enige ondersteuning aan Kuba versterk die diktatuur en verleng die kommuniste se bewind. Dit is in belang van die armstes in Kuba dat druk op die Kubaanse regering verskerp moet word. 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende