Luister nou

Konsensus groei dat einde van pandemie in sig is

Deur Pretoria FM Nuusspan

Nuuskommentaar: 18 Januarie 2022

Deur: Jaco Kleynhans

Die debat oor hoe die Covid-19-pandemie voortaan hanteer moet word, het die afgelope weke wêreldwyd in ‘n ander rigting begin stuur. Die media, politieke leiers en mediese kenners begin hulleself af te vra of die einde van die pandemie, nou reeds twee jaar na die uitbreek van die siekte, nie binnekort in sig sal wees nie.

Mexiko het verlede week aangekondig dat alle reisbeperkings na en van dié land opgehef word. Oor die naweek het dit aan die lig gekom dat die Britse regering beplan om binne enkele dae alle Covid-19 maatreëls te kanselleer. Denemarke het Sondag die meeste maatreëls in dié land gekanselleer en alle openbare ruimtes soos teaters, dieretuine en museums is heropen.

Spanje het onlangs aangekondig dat die dra van maskers nie meer in dié land verpligtend sal wees nie. Die Spaanse regering gaan Covid-19 voortaan soos gewone griep hanteer en beskou die pandemie as iets wat verby is. Die Franse minister van gesondheid, Olivier Véran, het verlede week gesê dat die huidige infeksievlakke en inentings in Frankryk beteken dat dié land ook na normaal kan begin terugkeer.

Mediese kenners is dit toenemend eens dat die Omikron-variant van Covid-19 baie vinnig besig is om tot groepsimmuniteit in die meeste lande aanleiding te gee. In die VSA versprei Omikron tans so vinnig dat mediese kenners voorspel dat die hele Amerikaanse bevolking binne die volgende paar weke met Omikron besmet sal wees en dat bykans die hele Amerikaanse bevolking dus ‘n vorm van immuniteit teen Covid-19 sal ontwikkel. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het verlede week gesê dat Omikron so vinnig in Europa versprei dat minstens die helfte van die Europese bevolking dit reeds opgedoen het.

Professor Ian Jones, ‘n viroloog van die Universiteit van Reading in Engeland sê dat Omikron besig is om in ‘n siekte wat met gewone griep vergelyk kan word, te ontwikkel. Nog ‘n Britse professor, Julian Hiscox, van die Universiteit van Liverpool, sê ook dat in lande waar die virus die afgelope tyd soos ‘n veldbrand versprei het, en waar baie mense ingeënt is, die pandemie nou tot ‘n einde sal kom. Volgens hom is dit belangrik om die verandering aan mense se immuniteit te verstaan. Met die uitbreek van Covid-19 was dit ‘n nuwe virus waarteen niemand immuun was nie. Nou het ‘n meerderheid van die wêreld se bevolking een of ander vorm van immuniteit. Hoewel nuwe variante van Covid-19 sal bly voorkom, sal dit toenemend op die skaal van gewone seisoenale griep wees.

Daar is wel enkele uitsonderings soos China waar natuurlike immuniteit laag is, omdat min Chinese nog Covid-19 opgedoen het. Die effektiwiteit van China se entstowwe word ook toenemend bevraagteken. Dit mag beteken dat China nog lank na ander lande gaan sukkel om Covid-19 in toom te hou. Nieu-Seeland het dieselfde uitdaging.

Ernstige vrae bestaan nog oor die wyse waarop regerings steeds burgers se individuele vryheid beperk. Die goewerneur van die Amerikaanse deelstaat Florida, Ron DeSantis, het verlede week in ‘n toespraak gesê dat sy regering die biomediese sekuriteitstaat wat vryheid inperk, mense se lewens verwoes en die samelewing verdeel, verwerp. Die einde van die pandemie sal ook ‘n terugkeer na die vryhede van voor die pandemie moet beteken.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Ander Nuus Artikels

Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking
Fotokrediet: Marshall Security
Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Luister nou