Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Hof verklaar belangrike deel van NGV as ongrondwetlik

24 Junie 2022

Die Noord-Gautengse hoogeregshof in Pretoria het ‘n belangrike deel van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) as ongrondwetlik verklaar.

Dit volg nadat die Noord- Gautengse hooggeregshof artikels 36 tot 40 van die Wet op Nasionale Gesondheid met koste ongrondwetlik verklaar het.

LEES OOK: MEERDERHEID VAN KOMITEELEDE STEM TEN GUNSTE VAN NGV

Die Solidariteit Beweging het die wet in die hof laat hersien. Volgens die beweging was die staat se doelwitte met hierdie artikels om die weg te baan vir die NGV en om te kompenseer vir die bankrotskap van die staatskas.

Die bestuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann sê die regering wil beweeg na ’n stelsel waarin gesondheidsorg genasionaliseer word.

LEES OOK: SOLIDARITEIT LOODS PAIA-AANSOEK OOR NGV

“Artikels 36 tot 40 het bepaal dat gesondheidspraktisyns ʼn sertifikaat van behoefte vanaf die departement van gesondheid moet ontvang alvorens hulle ʼn praktyk in ʼn spesifieke area mag vestig.”

Hermann sê Solidariteit het in sy aansoek aangevoer dat die vereiste van ʼn sertifikaat van behoefte onregmatig inbreuk maak op gesondheidspraktisyns se reg om hul beroep te beoefen.

LEES OOK: PASOP VIR DIT WAT DIE STAAT WIL ‘GEE’

Solidariteit sê dat indien hierdie artikels in werking sou tree, dit as’t ware op die onteiening van gesondheidspraktisyns se ondernemings en eiendom sou neerkom en dat dit ten koste sou wees van sowel die praktisyns as diegene wat tans van hul dienste gebruik maak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Ander Nuus Artikels

0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende