Luister nou

Gautengse staatshospitale ‘n brandpunt

Deur Pretoria FM Nuusspan

37 staatshospitale in Gauteng loop die risiko van ’n hoë brandgevaar.

Dít, terwyl die departement van gesondheid in die provinsie glo dat die situasie steeds onder beheer is.

Netwerk24 berig die woordvoerder van die departement van gesondheid in Gauteng, Motalatale Modiba, sê dat hulle veiligheid by die geriewe eerste stel en die hulpbronne tot hulle beskikking gebruik om alle risiko’s te verminder.

Staatshospitale in die provinsie is verder ook oorbevolk en besig om vinnig agteruit te gaan.

Die DA-LPW en -woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, Jack Bloom, sê dit is kommerwekkend dat toestande in staatshospitale pasiënte en personeel se lewe in gevaar stel.

Hy meen ‘n beter bestuurkorps moet by hospitale aangestel word en dat korrupsie uitgeroei moet word.

Die DA gaan ook versoek dat die begroting meer doeltreffend aangewend word.

2 Responses

  1. Dis nie net n brand gevaar nie maar ook ongelooflik vuil. Kokkerotte hardloop letterlik oor alles. Dit stink na urine en mediese afval le ooral rond.

  2. Stem saam,ons starts hospitaal moet cringed na gekyk word.Jy wag ure voor jy gehelp word en die personeel gee nie n duit om of jy dringend mediese behandeling nodig het nie jy kan maar dood gaan en in erge pyn sit.
    Dis vieslik vuil viral badkamers.
    Vir daai dr en verpleegsters gaan dit net om elke mens soos gemors te behandel en elke maand n salaris te ontvang.
    Stel asb personeel aan wat rerig n passie het om die eed wat hul aflê uit te voer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

DNS-toetse

Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Fotokrediet: Smile FM

SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Fotokrediet: Facebook

Iran is versigtig vir die VSA se aanval

Ander Nuus Artikels

Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026
Fotokrediet: Daily Maverick
Suliman Carrim in hegtenis geneem
Fotokrediet: Freedom Front Plus
Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Luister nou