Luister nou

Gastehuis-eienaar skuldig aan moord na paartjie se dood in stort

Deur Pretoria FM Nuusspan

24 Januarie 2024

Die 51-jarige eienaar van die Kouga Kliphuis-gastehuis naby Kareedouw in die Oos-Kaap, Kevin Pretorius, het vanoggend in die Gqeberha/ Port Elizabeth-streekhof verskyn waar hy skuldig bevind is op twee aanklagte van moord, nadat ‘n jong, verloofde paartjie in April 2020 in dié gastehuis dood is.

Kevin Pretorius.

Mari Hoon (28) en Jean Vosloo (25) was saam met ‘n vriend by die gastehuis vir ‘n naweekwegbreek toe hulle liggame op 25 April in die storit gevind is.

Die polisie se toksikologieverslag het hoë vlakke van koolstofmonoksied in Mari en Jean se bloed getoon, waarna die staat aangevoer het ’n foutiewe gasgeiser by die gastehuis het meegebring dat die verloofdes deur koolstofmonoksied vergiftig is.

Die hof het beslis dat hy verantwoordelik was vir die moorde op die paartjie.

Die staatsaanklaer, Johan Jansen, het vroeër tydens sy slotbetoë gesê dat Pretorius ander gaste se waarskuwings oor die stort geïgnoreer het. Die geiser se sensor was ook foutief.

Hy sal later gevonnis word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: WUNC

Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd

SANW-soldate

Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Malaria - Regency Healthcare

Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Ander Nuus Artikels

Israel verkiesing - Alhurra
Israel se verkiesing eindig in dooiepunt
Suliman Carrim
Suliman Carrim uit op borgtog
Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering
Fotokrediet: WUNC
Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd
SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Luister nou